Die Geneefse Internasionale Motorskou (Frans: Salon international de l'auto) is 'n internasionale motorskou wat jaarliks in Maart in Genève, Switserland plaasvind. Die motorskou word georganiseer deur die Organisation Internationale des Constructeurs d'Automobiles (Internasionale Organisasie van Motorvoertuigvervaardigers) en word beskou as 'n belangrike internasionale motorskou.[1] Die skou is vir die eerste keer in 1905 gehou.